Francois Wilken (links) en Gernie Botha voor die hooggeregshof in Pretoria. FOTO: Verskaf
Francois Wilken (links) en Gernie Botha voor die hooggeregshof in Pretoria. FOTO: Verskaf

Vrystaat Landbou (VL) is uiters teleurgesteld en gefrustreerd oor die jongste ontwikkelinge in die voortslepende bek-en-klouseer (BKS)-hofsaak.

Die Hooggeregshof in Pretoria is op Dinsdag 28 April gedwing om streng sperdatums en ‘n strafkostebevel teen die minister van landbou, John Steenhuisen, en sy departement op te lê na aanhoudende vertragings.

Die hof het nou gelas dat die lank uitgestelde Artikel 10-inentingskema teen 5 Mei gefinaliseer en gepubliseer moet word, met die saak wat op 11 Mei vir argumente ter sprake gestel word. As ‘n duidelike aanduiding van sy ontevredenheid het die hof ook ‘n strafkostebevel teen die respondente toegestaan.

Hierdie ontwikkelinge vorm deel van ‘n voortlgesette dringende aansoek wat deur VL, Sakeliga en SAAI ingedien is om die staat se obstruksie van die privaatsektor se deelname aan die verkryging en toediening van BKS-entstowwe te betwis.

A crisis is still brewing in the SA red meat industry with more outbreaks of foot and mouth disease at Africa’s biggest beef supplier, Karan Beef.
Vrystaat Landbou hoop dat bek-en-klouseer dringend aangespreek word.

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, het sy frustrasie uitgespreek deur te sê dat “ten spyte van die ernstige impak van bek-en-klouseer (BKS) op boere, landbou-ondernemings en vee, die minister en sy amptenare weer probeer het om dringende hofverrigtinge te vertraag. Die gebrek aan dringendheid en stadige reaksie deur die departement kos boere miljoene,” sê Wilken.

Wilken voeg by dat die jongste uitspraak ‘n patroon van gemiste sperdatums en verskuiwende standpunte deur die minister volg, insluitend verskeie onvervulde verbintenisse om ‘n werkbare inentingsraamwerk te publiseer.

Gernie Botha, uitvoerende hoof van Vrystaat Landbou, sê die departement van landbou in die Vrystaat doen massiewe werk, maar die inentings het nog nie soveel vee bereik soos wat beplan was nie. “Dit is belangrik dat daar nie net gefokus word op bestaande gevalle van BKS nie, maar dat daar nou ook voorkomend opgetree word. Om dit reg te kry, moet baie meer entstof beskikbaar gemaak word.” Hy sê as die privaatsektor kan help en onder toesig binne die raamwerk van die departement inentings kan toedien, sal dit groot verligting bring.

Wilken sê daar is geen regsbasis is om te verhoed dat die privaatsektor ‘n betekenisvolle rol in BKS-inenting speel nie. “Voortgesette vertragings en onsekerheid plaas boere, landbou-ondernemings en voedselsekerheid in gevaar, terwyl praktiese oplossings onnodig beperk bly.

“Die werklikheid op die grond is dat boere die koste van oneffektiwiteit dra. Elke vertraging verhoog risiko, verliese en onsekerheid oor die sektor.”

Wilken sê VL bly verbind tot samewerking met die provinsiale departement van landbou, wat die provinsiale inentingsprogram steeds dryf, al is daar beperkte hulpbronne.

Wilken sê dat VL en sy vennote die saak in die hof sal voortsit om te verseker dat enige finale raamwerk effektiewe, onmiddellike en praktiese siektebeheermaatreëls moontlik maak – insluitend inenting deur die privaatsektor.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article