Alle skole in die Namakwa-distrik van die Noord-Kaap is vir vandag, Maandag 14 September, gesluit weens die geel vlak 4-weerwaarskuwing wat vir die distrik uitgereik is.
Dit is jammer dat die weervoorspelling-apps beperkings het, want dit wil voorkom of ‘n perfekte storm vir Suid-Afrika aan die broei is.
Buitengewone wolkformasies was deel van die welkome reën wat die afgelope tyd wydverspreid oor groot dele van die Noord-Kaap voorgekom het.
Bewolkte weer met wydverspreide reën oor groot dele van die land word vir vandeesweek voorspel, met maksimum temperature kenmerkend van matige herfsdae.
‘n Hittegolf word vir die westelike en suidwestelike dele van die land voorspel, terwyl koeler temperature in die binneland en in die noordelike dele verwag word.