Geel vlak 4-waarskuwing lei tot sluit van skole.
Geel vlak 4-waarskuwing lei tot sluit van skole in die Namakwa-distrik. FOTO: Unsplash / Dadee Aissa

Geel vlak 4-weerwaarskuwing lei tot sluiting van skole in Namakwa-distrik

Geel vlak 4-waarskuwing lei tot sluit van skole.
Geel vlak 4-waarskuwing lei tot sluit van skole in die Namakwa-distrik. FOTO: Unsplash / Dadee Aissa

Alle skole in die Namakwa-distrik van die Noord-Kaap is vir vandag, Maandag 14 September, gesluit weens die geel vlak 4-weerwaarskuwing wat vir die distrik uitgereik is.

In ‘n verklaring wat Sondagaand deur die Noord-Kaapse departement van onderwys uitgereik is, sรช Geoffrey van der Merwe, mediawoordvoerder, dat die besluit geneem is op grond van die weersvoorspelling wat op die moontlikheid van swaar reรซnval, vloede en die ontoeganklikheid van sekere paaie dui.

“Dit kan aansienlike risiko’s vir leerders, opvoeders, ondersteuningspersoneel en skoolgemeenskappe inhou. In die belang van die veiligheid en welstand van almal, sal geen leerder in die distrik op Maandag 14 September skool toe gaan nie, en geen eksamens sal geskryf word nie,” sรช Van der Merwe.

Na aanleiding van navrae vanuit die Namakwa-distrik oor tot wanneer die skole gesluit sal wees, sรช Van der Merwe dat ‘n assessering van weerstoestande deur die dag gedoen sal word, en dat die besluit later deur die dag bekend gemaak sal word.

Alternatiewe reรซlings in plek vir eksamen

Betreffende die matrikulante wat Maandag hul fisiese wetenskap- en tegniese wetenskap-voorbereidingseksamenvraestelle sou skryf, word die bevestiging gegee dat ‘n alternatiewe vraestel vir albei vakke gereed is. Toepaslike noodmaatreรซls sal ingestel word om te verseker dat die spesifieke eksamenvraestelle op ‘n later datum geskryf word.

“Die nodige reรซlings sal aan skole gekommunikeer word sodra die weersituasie beoordeel is en dit veilig is om met die eksamens voort te gaan,” sรช Van der Merwe.

‘n Beroep is op ouers en voogde gedoen om leerders Maandag tuis te hou om moontlike gevaarlike weerstoestande te vermy.

Die Namakwa-distrikskantoor sal voortdurend in kommunikasie met skoolhoofde en belanghebbendes wees om ontwikkelinge te monitor en die implementering van die noodplan te koรถrdineer.

Ontwrigting wyd voorspel

Volgens die weervoorspelling word ontwrigtende reรซn wat tot oorstroming van paaie en nedersettings kan lei, vir vandag voorspel. Dit kan tot grootskaalse ontwrigting van verkeer en toestande op paaie lei. Diรฉ geel vlak 4-waarskuwing is veral van toepassing oor die oostelike deel van Namakwaland, asook die Sentrale Karoo-distrik van die Wes-Kaap.

Skadelike wind wat skade aan informele nedersettings kan veroorsaak, asook die moontlike onderbreking van elektrisiteits- en kommunikasienetwerke, word oor die oostelike dele van die Noord-Kaap voorspel, asook oor groot dele van die Noordwes-provinsie, sentrale en westelike dele van die Vrystaat, sentrale en westelike dele van Limpopo, en op plekke oor die noordelike dele van die Oos-Kaap.

Die weerkaart dui die waarskynlikheid van reรซn vir Maandag 14 September aan.
Die weerkaart dui die waarskynlikheid van reรซn vir Maandag 14 September aan. GRAFIKA: Vox Weather

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article