‘n Verdagte, ‘n 25-jarige man, verskyn vandag in die Galeshewe-hof nadat die liggaam van ‘n driejarige seuntjie Woensdag 22 April in die Galeshewe-woongebied in Kimberley gevind is.
Volgens adjudant-offisier Molefi Shemane, polisiewoordvoerder, is die kind Dinsdagaand omstreeks 21:08 as vermis by die Galeshewe-polisiestasie aangemeld.
‘n Span bestaande uit lede van die Galeshewe-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS), Galeshewe sigbare polisiëring, Kimberley vlieënde eskader en die Kimberley K9-eenheid, is onmiddellik ontplooi om na die kind te soek.
Ná ‘n soektog van bykans 20 uur is die kind se liggaam omstreeks 15:40 in die agterplaas van een van die sinkhuisies in die gebied ontdek waar dit begrawe is.
Die verdagte is daarna in hegtenis geneem en verskyn in die Galeshewe-hof, wat in die Kimberley-hofgebou sit.
Die Galeshewe FCS-eenheid se ondersoek duur voort, sê Shemane.
LEES OOK: Jarelange werker aangekla van moord op perdeafrigter by renbaanperseel
LEES OOK: Burden grows of closure of Galeshewe’s court building




