Moord-ondersoek ná vrou se liggaam in vlak graf in Roodepan gevind is

Moord NovaNews

Moord-ondersoek ná vrou se liggaam in vlak graf in Roodepan gevind is


ROODEPAN, Kimberley – ‘n Moordsaak word ondersoek nadat die liggaam van ‘n 31-jarige vrou op Woensdag 30 September omstreeks 16:30 in ‘n vlak graf in ‘n sinkhuis in Lerato Park in Roodepan gevind is.

Die oorledene, wat reeds geïdentifiseer is, is na bewering die laaste keer in Julie vanjaar gesien. ‘n Familielid het besorgd geraak en haar op Saterdag 26 September as vermis by die polisiekantoor in Roodepan aangemeld. ‘n Vermiste persoon-dossier is geopen en ‘n ondersoek is van stapel gestuur.

LEES OOK: Inwoners ruk op na Roodepan-kliniek oor sogenaamde ‘polismafia’

Die familielid het na bewering weer op Dinsdag 29 September na die vrou se sinkhuis gegaan, maar dit was gesluit. Woensdag het sy saam met ‘n gemeenskapslid na die sinkhuis teruggekeer en die deur oopforseer. Hulle het opgemerk dat die grond in die sinkhuis los was en het so die vlak graf ontdek.

Kolonel Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, sê geen inhegtenisneming is tot dusver gedoen nie en omvattende polisie-ondersoeke is aan die gang.

LEES OOK: Vroue in Noord-Kaap opnuut gemaan om ten alle tye van veiligheid bewus te wees

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article