Christina Beukes (44) van Keimoes
Christina Beukes (44) van Keimoes wie se liggaam Sondag in ‘n vlak graf gevind is. FOTO: Facebook

Liggaam van 44-jarige vermiste ma gevind in vlak graf naby Oranjerivier

Christina Beukes (44) van Keimoes
Christina Beukes (44) van Keimoes wie se liggaam Sondag in ‘n vlak graf gevind is. FOTO: Facebook

KEIMOES – Die liggaam van ‘n 44-jarige vrou van die Keimoes-omgewing wat verlede week as vermis aangemeld is, is in ‘n vlak graf naby die Oranjerivier by Currieskamp gevind.

Christina (Toenas) Beukes het glo verlede week verdwyn nรก sy Vrydag 23 Oktober omstreeks 13:00 laas gesien is toe sy op pad rivier toe was. Sy is deur familie as vermis aangemeld toe sy nie terugkeer nie.

In ‘n plasing op sosiale media om haar te help opspoor, word geskryf: “Gemeenskap van Currriescamp, Soverby, Geelkop, Bloemsemond, ons as kinders vra hulp om my ma op te spoor. Sy het nie huis toe gekom nie. Sy het nie vir ons haar kinders laat weet waar sy is nie. Hierdie aksie van haar is nie hoe sy dinge doen nie. Dis ‘n vrou, dogter, suster en ‘n ma.”

Kolonel Cherelle Ehlers, woordvoerder van die polisie, sรช lede van die polisie in Keimoes, asook lede van die Upington soek-en-reddingspan het met ‘n soektog na Beukes begin. Sondag het lede van Upington se honde-eenheid ook by die soektog aangesluit.

Beukes se liggaam is Sondag 25 Oktober omstreeks 13:30 in ‘n vlak graf naby die rivier by Currieskamp, net buite Keimoes, gevind.

Ehlers sรช ‘n geregtelike doodsondersoek is begin en dat ‘n lykskouing gedoen sal word om die presiese oorsaak van Beukes se dood vas te stel.

“Met groot hartseer, maar ook dankbaar vir die tyd wat ons saam kon spandeer. Ons wil net hiermee kennis gee dat ons ma gevind is, maar nie meer onder ons is nie,” lui ‘n plasing op Facebook wat deur haar kinders geplaas is.

LEES OOK: Upington-seun (9) se vermeende moordenaar was op parool nรก vorige moord

Christina Beukes

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article