Een van die haarsalonne wat deur die groep vroue gevra is om hul deure te sluit. Foto: Murphy Roberts

Vroue in oproer oor salonne

Een van die haarsalonne wat deur die groep vroue gevra is om hul deure te sluit. Foto: Murphy Roberts

ST HELENABAAI – Ses vroue van Laingville is Vrydag 10 Julie in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld.

Volgens die polisie het die vroue verskeie haarsalonne in Laingville besoek en eienaars, van wie die meerderheid buitelanders is, probeer dwing om hul sake te sluit. Volgens die polisie is daar reeds by vorige geleenthede met die groep vroue gepraat, maar hulle het steeds met hul planne voortgegaan.

Hulle het met eienaars gaan praat en ook hul wettige dokumente geëis.

Volgens kapt. Andrew Prinsloo, bevelvoerder van die St. Helenabaai-polisie, is die ses vroue aangekla en het hulle Maandag 13 Julie in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

Volgens Prinsloo het 14 onwettige immigrante in die gebied die afgelope tyd vrywillig versoek om na hul geboorteland terug te keer. Die polisie het ook 14 ongedokumenteerde mense tydens verskeie distrikoperasies aangekeer, het hy bevestig. Volgens Prinsloo word daar steeds gereeld operasies op distriksvlak uitgevoer om sake-eienaars en ander mense se dokumente te deursoek. Die ses verdagtes is Maandag vrygelaat, maar teen druktyd was dit onduidelik of die saak formeel op die rol geplaas is.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 16 July 2026
    Weslander E-Edition – 16 July 2026

Gift this article