Twee mense is binne enkele dae in afsonderlike skietvoorvalle in Saldanha dood, terwyl nog twee mans in onverwante voorvalle in Saldanha en Piketberg die slagoffers van beweerde pogings tot moord was.

Volgens kapt. Tania Helfrich, die distrikswoordvoerder vir die Weskus-­polisie, het die geweldadige voorvalle ‘n week gelede op Donderdag 12 November begin toe Luvuyo Valelo (33) omstreeks 23:10 in sy erf in Draaihoek, Middelpos, Saldanha, doodgeskiet is.

Vroeër dieselfde dag, omstreeks 00:12, is ‘n 21-jarige man in Marikana, Middelpos, met skietwonde aan albei arms gevind. Die voorval word as poging tot moord ondersoek.

Twee dae later, op Saterdagmiddag 14 November, is ‘n 29-jarige man op die hoek van Voortrekker- en Die Trekstrate in Piketberg herhaaldelik met ‘n mes gesteek. Retsepeng Mothibe (28) het Maandag 16 November in verband met dié voorval op aanklagte van ­poging tot moord in die hof verskyn.

Die jongste voorval het ook Maandagaand 16 November gebeur. Omstreeks 22:40 in Aliciastraat, Hopland, Saldanha, is Caflyn Gouws (37) en Robyn Erasmus (35) met skietwonde gevind. Gouws het veelvuldige skietwonde aan haar kop gehad en is Dinsdagoggend 17 November in die hospitaal oorlede. Erasmus is in die regterarm gewond.

Na bewering was die aanvaller in die erf toe hy op die hokkie waarin die twee slagoffers was, begin skiet het.

LEES OOK: Saldanha-familie verpletter ná seun se skietdood

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 19 November 2026
    Weslander E-Edition – 19 November 2026

Gift this article