Skietvoorvalle in Saldanha laat 21-jarige swaar gewond, twee mans dood

Misdaad | Crime
Misdaad | Crime

Skietvoorvalle in Saldanha laat 21-jarige swaar gewond, twee mans dood


SALDANHA – Geweerskote het wéér deur Diazville geruk toe ’n 21-jarige man Maandagaand (26 Oktober) omstreeks 21:20 in Vraagomstraat verskeie kere geskiet en swaar gewond is.

Volgens kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder, is die slagoffer, Theo Kleinsmith, in sy linkergewrig, ’n vinger, regterbeen en privaatdele gewond. Hy is in ‘n ernstige toestand na die hospitaal op Vredenburg gehaas.

“Na bewering was daar twee verdagtes betrokke. Nadat die eerste verdagte opgehou skiet het, het die tweede na bewering die vuurwapen gegryp en verdere skote op Kleinsmith afgevuur,” het Helfrich gesê.

Die voorval is die jongste in ’n reeks skietvoorvalle in Diazville. Stephen Nero (36) is verlede Donderdagaand (22 Oktober) in Murraystraat doodgeskiet en Sondagoggend (25 Oktober) omstreeks 02:40 is Walasrie Ehrenreich (26) in Noordzeestraat met ’n skietwond gevind. Hy is op die toneel dood.

NIemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Enigeen met inligting oor die jongste skietvoorval kan speurder-adjudant-offisier Hein Schmidlin van die Saldanha-polisie by 082 324 0533 kontak.

LEES OOK: Saldanha rou ná moorde

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 22 October 2026
    Weslander E-Edition – 22 October 2026

Gift this article