Die oorledenes, Branwin Pasquelle (links) en Andrew Esau.
Die oorledenes, Branwin Pasquelle (links) en Andrew Esau.

Saldanha rou ná moorde


SALDANHA – “Wat word van ons gemeenskap? Wat doen ons polisie? Word ons werklik beskerm?”

Dit is van die vrae wat weerklink onder inwoners ná ‘n vlaag skietvoorvalle wat die gemeenskap die afgelope twee weke geruk en drie mans se lewe beëindig het.

Die gemeenskap van veral White City en Diazville is aan skerwe nadat nóg twee mans die afgelope naweek in afsonderlike skietvoorvalle gesterf het.

Volgens die polisie is Branwin Pasquelle (36) Vrydag 24 Julie in Frigatestraat, Hopland, doodgeskiet, terwyl ‘n 36-jarige man in dieselfde voorval gewond is.

Andrew “Wange” Esau (28) is die volgende dag in ‘n oop stuk veld agter ­Frigatestraat doodgeskiet. Noodpersoneel het hom op die toneel dood verklaar.

Die oorledenes, Branwin Pasquelle (links) en Andrew Esau.
Die oorledenes, Branwin Pasquelle (links) en Andrew Esau.

Die vlaag skietvoorvalle het die gemeenskap diep geskok, met inwoners wat toenemend vir hul veiligheid vrees. Baie het tydens Weslander se besoek hul kommer uitgespreek oor wat hulle as onvoldoende polisie-optrede beskou. Die inwoners meen die polisie moet meer doen om diegene wat ernstige misdaad pleeg, op te spoor en in hegtenis te neem.

Weslander het verlede week berig oor Ayrton Vraagom (28) se skietdood op Saterdag 11 Julie (“Moord ‘n raaisel: Niemand nog in hegtenis geneem nie”, 16 Julie).

Diep hartseer

Volgens kapt. Tania Helfrich, distriks- woordvoerder vir die Weskus-polisie, het Ricardo Elmaco Williams (39 op Dinsdag 21 Julie in die Vredenburg-landdroshof verskyn in verband met Vraagom se moord en die poging tot moord op die ander slagoffer.

Hy is glo bekend as “Holland”.

Die familie van Pasquelle het hul diep hartseer ná sy afsterwe uitgespreek en hom beskryf as ‘n hartlike, vriendelike en nederige mens.

“Branwin het ‘n blywende indruk op elkeen gemaak wat hom geken het. Hy het altyd ‘n glimlag op sy gesig gehad en was bereid om ander te help sonder om ooit iets terug te verwag. Sy deernis, lojaliteit en positiewe lewensuitkyk het hom werklik besonders gemaak. Sy teenwoordigheid het troos en vreugde gebring, en sy nalatenskap sal voortleef in die herinneringe van almal wat die voorreg gehad het om hom te ken,” het ‘n familiewoordvoerder wat verkies om anoniem te bly, gesê.

Volgens die familie is dit moeilik om die werklikheid te aanvaar dat iemand wat so ‘n belangrike deel van hul lewe was, nie meer hier is nie. “Soms skiet woorde eenvoudig tekort en al wat oorbly, is ‘n diep hartseer en ‘n leemte wat onmoontlik is om in woorde te beskryf.”

Blomme op die toneel van Pasquelle se dood. Foto: ­Noluvu
Ludidi
Blomme op die toneel van Pasquelle se dood. Foto: ­Noluvu
Ludidi

Paul Esau, Andrew se ouer broer, het aan Weslander gesê hy was in Kaapstad toe hy die tyding van sy broer se dood ontvang het. Esau het beplan om sy broer die komende naweek saam Kaapstad toe te neem sodat hulle gehaltetyd saam kon deurbring en hul band as broers kon versterk.

Moeilik om te verwerk

“Hulle het my meisie gebel, maar sy het nie geweet hoe om die nuus aan my oor te dra nie. Een van my vriende het toe gebel en gesê my broer is nie meer met ons nie. Op daardie oomblik het niks meer dieselfde gevoel nie, want ek het glad nie sulke nuus verwag nie. Dinge gaan nie meer dieselfde wees nie en ek gaan hom baie mis. Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie,” vertel Paul.

Hy sê die nuus is veral vir hul ma moeilik om te verwerk. “Sy is nie meer dieselfde nie. Veral my kind gaan hom baie mis, want hy was haar boeta. Hy was ‘n goeie man en ons gaan hom verskriklik mis.”

Blomme is ook op die plek waar Andrew Esau gesterf het, neergelê. Foto's: Noluvu Ludidi
Blomme is ook op die plek waar Andrew Esau gesterf het, neergelê. Foto’s: Noluvu Ludidi

Zedra “Zahida” Abrahams, Vraagom se ma, het gesê die nuus van sy dood bly ‘n bitter pil om te sluk. Sy beskryf haar seun as ‘n stil mens wat altyd sy familie beskerm het.

“Hy het my die gelukkigste vrou in die wêreld gemaak en my geleer wat dit beteken om ‘n ma te wees. Hy was baie betrokke in sy gemeenskap en het vrede en orde probeer handhaaf. Die hele familie is verpletter en sy kinders probeer steeds die nuus verwerk,” voeg Abrahams by.

Blomme is ook op die plek waar Andrew Esau gesterf het, neergelê. Foto’s: Noluvu Ludidi
Die oorledenes, Branwin Pasquelle (links) en Andrew Esau.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 16 July 2026
    Weslander E-Edition – 16 July 2026

Gift this article