Dwelms waarop beslag gelê is tydens afsonderlike deursoekings van drie wonings in Darling.
Dwelms waarop beslag gelê is tydens afsonderlike deursoekings van drie wonings in Darling. Foto: SAPD

Drie mans voor oor dwelms

Dwelms waarop beslag gelê is tydens afsonderlike deursoekings van drie wonings in Darling.
Dwelms waarop beslag gelê is tydens afsonderlike deursoekings van drie wonings in Darling. Foto: SAPD

DARLING – Drie mans het Vrydag 23 Oktober in die Darling- rondgaande landdroshof verskyn nadat dwelms tydens afsonderlike deursoekings van hul wonings gevind is.

Die polisie het Donderdag 22 Oktober om 10:50 die woning van Allister Jacobs (52) in Okkerneutlaan deursoek en beslag gelê op 382 sakkies tik en 60 heel Mandrax-tablette.

Omstreeks 12:45 is Jason Goliath (30) se woning in Port Jacksonlaan deursoek. Die polisie het beslag gelê op 41 sakkies tik.

Later die dag, omstreeks 18:15, is die woning van Gehwynne Oktober (30) in Cimbidiumlaan deursoek. Tagtig heel mandrax-tablette is daar gevind en op beslag gelê.

Al drie mans het op aanklagte van handel in dwelms in die hof verskyn.

LEES OOK: Man tronk toe oor Mandrax

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 29 October 2026
    Weslander E-Edition – 29 October 2026

Gift this article