Van Donderdag tot Vrydag, 21-22 Mei, is 43 onwettige immigrante op twee verskillende plase in die Citrusdal-omgewing aangekeer. In dié misdaadvoorkomings- operasie is verskeie straatstalletjies, wat onder meer horlosies verkoop, deursoek. Daar is ook beslag gelê op 5,84 kg dagga wat verlate eenkant gevind is.

Weskus-polisie lê beslag op dwelms, koper en wapens

Van Donderdag tot Vrydag, 21-22 Mei, is 43 onwettige immigrante op twee verskillende plase in die Citrusdal-omgewing aangekeer. In dié misdaadvoorkomings- operasie is verskeie straatstalletjies, wat onder meer horlosies verkoop, deursoek. Daar is ook beslag gelê op 5,84 kg dagga wat verlate eenkant gevind is.

Polisie behaal talle suksesse in stryd teen misdaad

John Snyder (39) van Korhaanshoogte in Citrusdal het Maandag 25 Mei in die hof verskyn op aanklag van handel in dwelms.
John Snyder (39) van Korhaanshoogte in Citrusdal het Maandag 25 Mei in die hof verskyn op aanklag van handel in dwelms. Hy is Donderdagmiddag (21 Mei) naby die Poskantoor in Voortrekkerstraat met 2,390 kg dagga in sy besit aangekeer.
Vermeende gesteelde koperdrade en artikels.
Adonis Micholn (33) is verlede Dinsdagoggend 19 Mei in Lutzville aangekeer nadat hy probeer het om vermeende gesteelde koperdrade en artikels te verkoop. Hy kon ook geen redelike verduideliking gee van waar hy aan hierdie skroot kom nie. Hy het reeds in die hof verskyn.
Moontlike gevaarlike wapens wat gekonfiskeer is.
Roderick Carollessen (37) en Sylvester Jakobs (36) is Woensdagoggend 20 Mei omstreeks 01:30 ook in Kloofstraat, Riebeek-Wes, aangekeer, en in hul besit is ondermeer ‘n saag en lang mes gevind. Albei het ook reeds verlede Donderdag 21 Mei in die hof verskyn op aanklag van besit van gevaarlike wapens.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 28 May 2026
    Weslander E-Edition – 28 May 2026

Gift this article