Van die deelnemers in die Hollard Daredevil Run.
Van die deelnemers in die Hollard Daredevil Run.

Pers speedo’s, vir bewustheid oor manlike kanker


LANGEBAAN – Mans het hul hardloopskoene aangetrek en hul pers speedo’s afgestof vir die 2026 Hollard Daredevil Run op Vrydag 23 Oktober.

Die doel was om bewustheid oor manlike kanker te skep.

Duisende mans oor Suid-Afrika heen het aan die jaarlikse inisiatief deelgeneem, met die hoofgeleentheid by Zoo Lake in Johannesburg, waar meer as 3 000 deelnemers byeengekom het.

Verskeie Wes-Kaapse dorpe het ook aan dié landwye bewusmakingsveldtog deelgeneem.

Die geleentheid is ‘n prettige hardloop­uitdaging en moedig mans aan om hulle ­gereeld vir prostaat- en testikulêre ­kanker te laat toets en hul gesondheid ernstig op te neem.

Vanjaar se tema, “Lekker Balls. Lekker Life”, beklemtoon die belangrikheid van vroeë opsporing. Volgens statistieke sal prostaatkanker by ongeveer een uit elke agt mans gedurende sy leeftyd ­gediagnoseer word.

Testikulêre kanker kom veral onder jong mans voor, terwyl albei kankers meer behandelbaar is wanneer dit vroeg opgespoor word.

Die Hollard Daredevil Run het oor die afgelope 17 jaar miljoene rande vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) en die Prostaatkankerstigting ingesamel.

Die geld ondersteun bewusmaking, siftingsprogramme en dienste vir mans landwyd.

Plaaslike deelnemers het deur hul deelname in Langebaan gehelp om te beklemtoon mansgesondheid is nie iets waaroor geswyg moet word nie.

LEES OOK: Velddrif stap saam vir borskankerbewustheid

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 29 October 2026
    Weslander E-Edition – 29 October 2026

Gift this article