TWYFELHOEKIE | Dit wat ons belangrik ag is soms glad nie van belang nie

Die plaas Twyfelhoek se hek.
Die pad na Twyfelhoek. FOTO: Verskaf

TWYFELHOEKIE | Dit wat ons belangrik ag is soms glad nie van belang nie


In my lewe het ek by baie sterfbeddens gestaan; meer dikwels by siekbeddens; en letterlik duisende kere konfliksituasies aangehoor.

Ek kan met redelike selfvertroue sê op die einde gaan dinge oor die verhoudings waarin jy met mense gestaan het. Almal van ons maak foute, almal hou nie ewe veel van alle mense nie, almal het mense wat moeiliker is om mee oor die weg te kom as ander. Tog, ons kan maar almal moeite doen met die mense rondom ons.

Dit is ironies, maar werklik so, dat ‘n dik CV en baie wat jy bereik het, baie range, baie posisies, baie prestasies werklik in die wind wegwaai. Wanneer jy op jou sterfbed lê, laat jy alles na.

Daarom is en bly die vraag maar altyd hoeveel moeite jy met ander mense doen.

Onlangs het ek weer te doen met ‘n maatskaplike instelling wat kom advies vra oor hoekom hulle sukkel om voor te kom. My waarneming is dat hulle niks moeite doen of tyd afstaan aan verhoudings met mense nie. Opregte omgee word op ‘n myl gesien. En aangevoel.

Hoe vreemd dit ook al klink: die grootmaak van jou kinders gaan oor verhoudings; die sukses van jou onderneming lê in verhoudings wat jy bou; jou vriendekring, jou skool en kerk, en oral om dit.

Mense redeneer maklik: om reg te wees is vir my belangriker; of ek word gedryf deur sukses; of prestasie is vir my voorop. Die werklikheid is – al daardie dinge is nie belangrik nie.

Maar in watter verhouding staan jy vandag met wie? Hoekom maak jy nie vandag die verskil wat jy kan in ‘n ander se lewe nie? Hoekom besin jy nie oor jou nalatenskap nie? Waarvoor sal jy onthou word?

  • Lees nog rubrieke en meningstukke hier.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article