‘Ouma’ tot die redding van Helen Bishop-huis vir kinders met ernstige gestremdhede

Margit Meyer-Rödenbeck in Ouma en die ou koeie.
Margit Meyer-Rödenbeck in Ouma en die ou koeie. FOTO: Facebook

‘Ouma’ tot die redding van Helen Bishop-huis vir kinders met ernstige gestremdhede


Ouma en die ou koeie, ‘n komedie-kabaret met Margit Meyer-Rödenbeck, word op Saterdag 25 Julie om 19:00 by die Hoërskool Diamantveld ten bate van die Helen Bishop-huis aangebied.

Die verhoogstuk, ook op die onlangse Vrystaat Kunstefees opgevoer, is soos volg beskryf: “Soos ons ouer word, is die meeste mense geneig om (gerieflikheidshalwe) sekere dinge te vergeet. Dis gewoonlik die goed wat ons nie wil onthou nie. En dié wat ons wil onthou, kry mos mettertyd allerhande ‘versierinkies’ by. ‘n Halwe waarheid in die 50’s, word 50 jaar later ‘n voldonge feit…”

Die Helen Bishop- ortopediese nasorgsentrum bied ‘n tuiste vir kinders met spesiale behoeftes en ernstige gestremdhede.

Soos voorheen het talle van die personeellede, wat deur die Noord-Kaapse departement van gesondheid betaal word, nie ‘n salaris ontvang nie.

Die Helen Bishop-huis bied dié konsert aan om dit en ander bedryfskostes mee te delg.

  • Skakel 068 287 0391 vir meer inligting en om kaartjies te koop.

LEES OOK: Physiotherapy makes every movement and stretch count at Helen Bishop Home

Helen Bishop en Hoërskool Diamantveld snoer kragte saam.
Twee finaliste van vanjaar se Mnr. en Mej. Diamantveld-kompetisie, Lize Wiid en WB van Dyk, het as deel van hul gemeenskapsprojek drie “hoist slings” aan die Helen Bishop-huis geskenk. Die twee matrikulante aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley het ook as deel van hul projekte geld ingesamel deur allerlei produkte te verkoop en sleutelhouers te maak. Met die oorhandiging van die hystoestelle is Naomi Saggers-Pillay, fisioterapeut by Helen Bishop, asook Lize en WB saam met van die inwoners. FOTO: Verskaf
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article