Op die Suid-Afrikaanse senior jukskei-kampioenskapsbyeenkoms het ‘n ma en seun van Kimberley op nasionale vlak naam gemaak.
Bets Hansen het in die vroue A1-afdeling vir Weskus deelgeneem nadat daar nie genoeg vroue was om ‘n span van die Noord-Kaap te stuur nie.
Haar seun, Henko, het as kaptein van die Noord-Kaap-mans-A1-span deelgeneem aan diรฉ toernooi van 27 Maart tot 2 April op Jukskeipark in Kroonstad.

Bets is hiertydens as kaptein in die Sentrale Cheetahs-span vir vroue bo 60 ingesluit, en Henko in die Sentrale Cheetahs-span vir senior mans, wat in die streek-kampioenskap teen spanne van die Wes-Kaap, Gauteng, die Noordoos-Kaap en Trans-Kalahari meegeding het.
Henko het as lid van diรฉ span nรก strawwe kompetisie met ‘n silwermedalje weggestap.
Die streek-kampioenskapsbyeenkoms het ook as proewe vir insluiting in die nasionale spanne gedien, en na afloop daarvan is Bets as kaptein van die nasionale span vir vroue bo 60 gekies, terwyl Henko in die Suid-Afrikaanse A-span vir senior mans ingesluit is.
Toetse is teen Namibiรซ gespeel, waarna Bets en haar span as oorwinnaars weggestap het; daarna het hulle egter teen die nasionale span vir vroue bo 50 vasgeval. Bets het nogtans ‘n goue en silwer medalje verwerf.
Henko en sy span het ‘n vertoon-wedstryd teen die senior Suid-Afrikaanse mansspan gespeel en as oorwinnaars uit die stryd getree, wat ook ‘n goue medalje aan hom besorg het.
Jukskei in familie se are
Johan Hansen, Bets se man en Henko se pa, was ook in die toernooi in aksie en het brons verwerf as kaptein van die Weskus-span vir veteraan-mans.
Johan, wat al vele nasionale eerbewyse ontvang het, het twee jaar gelede as speler op nasionale vlak uitgetree.
Jukskei is in die familie se are โ nasionale prestasies is destyds al deur Johan se ma, Miemie, behaal.
Tans, in diรฉ familie, neem Johan en Bets; Henko en sy vrou, Anna; asook hul twee seuns, Peter-John en Jean-Luc, aan jukskei deel. Anna en Peter-John het albei reeds die Noord-Kaap in die A-afdeling in hul onderskeie ouderdomsgroepe in die Suid-Afrikaanse kampioenskap verteenwoordig, en Jean-Luc op sesjarige ouderdom die Noord-Kaap in die ontwikkelingsafdeling.
LEES OOK: โOnbekendeโ Jantjies van Hopetown nou โKingโ Arthur van Two Oceans






You must be logged in to post a comment.