Jong Noord-Kaapse skuts mik na Suid-Afrikaanse kampioenskappe

Noord-Kaap skoleskuts
Skuts tydens die kompetisie. FOTO: Verskaf

Jong Noord-Kaapse skuts mik na Suid-Afrikaanse kampioenskappe


KIMBERLEY – Die afgelope naweek, op 1 en 2 Augustus, het die Noord-Kaap Skole Skietvereniging (NKSSV) sy jaarlikse liga-eindronde in Kimberley aangebied.

Dié liga-eindronde is die hoogtepunt van die NKSSV-skietseisoen en dien as die provinsiale byeenkoms waar die beste jong skuts in die Noord-Kaap meeding.

Hierdie geleentheid bring skole van oor die Noord-Kaap byeen, onder meer van Upington, Hotazel, Springbok, Kuruman, Orania en Kimberley.

Zanru Broodryk, die beste o.21-veerskut vir 2026.
Zanru Broodryk, die beste o.21-veerskut vir 2026. FOTO: Verskaf

Pistoolskuts ding mee in 10 meter-staan en 10 meter-pistool-sporterklas, terwyl die veer- en sporterklas in verskillende posisies van kniel, staan en lê moet meeding.

Hierdie eindronde is ook NKSSV se spoggeleentheid waar ‘n formele dinee aangebied word. Hiermee saam vind die jaarlikse prysuitdeling plaas en die aankondiging van die Noord-Kaap Skole Skietspan.

Hierdie Noord-Kaapse span gaan die provinsie by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Bloemfontein, vanaf 26 September tot 1 Oktober, verteenwoordig.

Span lyk só

Die Noord-Kaapse Skole Skietspan is uit die volgende skuts saamgestel:

  • o.21-sporterskuts: Telani Botha (Hoërskool Duineveld), Annika Greyvenstein (Hoërskool Upington), AJ Louw (Duineveld), Christopher Aggenbacht (Duineveld), Liza-Mare Louw (Hotazel Kollege) en Johan Loots (Hotazel).
  • o.16-sporterskuts: Iwan Spangenberg (Duineveld), Connor Douglas (Duineveld), Maruné Oosthuizen (Duineveld), Merike Louw (Hotazel), Celri Jacobs (Orania Skiet), Nina de Waal (Upington) en Anika Blom (Upington).
  • o.14-sporterskuts: Lorika Stewart (Duineveld) en Leandi Uys (Laerskool Oranje-Noord – LON).
  • o.21-veerskuts: Johan Serfontein (Upington), Zanru Broodryk (Duineveld) en Erin Davis (Duineveld).
  • o.16-veerskuts: Carla Hanekom (Upington), Maya van der Westhuizen (Upington) en Lourens Niemand (Duineveld).
  • o.14-veerskuts: Daniël Davis (Duineveld), Sue-Anne Fortuin (Upington) en Crudan Humphreys (Upington).
  • o.21-pistoolskut: Jócke Coetzee (Hotazel), Diné Joubert (Duineveld) en Jamienca Botha (Elizabeth Conradie-skool).
  • o.16-pistoolskut: Wessel Combrinck (LON), Nelmari Maass (Upington), Clariza Swart (Upington) en CJ du Plessis (Hotazel).
  • o.14-pistoolskut: Izak-Vlok Louw (LON) en Mariné du Rand (LON).
  • o.12-pistoolskut: Riané Botha (LON), Joubert Greyvenstein (LON), Jonathan Venter (LON), Divan Koekemoer (Hotazel), Luke Antonie (Hotazel), Helgard Muller (Hotazel) en Charles Lodewyk (Hotazel).

NKSSV bedank alle borge en betrokkenes wat hierdie geleentheid baie spesiaal gemaak het.

  • Vir enige navrae oor die vereniging, bel vir Charl Joubert by 072 116 3564.
Die o.12-pistoolskuts saam met afrigters.
Die o.12-pistoolskuts saam met afrigters. FOTO: Verskaf
Matrieks van 2026 by hul laaste Noord-Kaap-skietkompetisie.
Matrieks van 2026 by hul laaste Noord-Kaap-skoleskietkompetisie. FOTO: Verskaf

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article