Ondersteuners van vrouerugby moet seker om Saterdag die Suzuki-stadion in Kimberley te besoek wanneer die eindwedstryde in die eerste Avbob Griekwas Vrouerugby Superliga plaasvind.
Tydens diรฉ wedstryde gaan top vrouerugbyspanne van die Noord-Kaap dit uitspook in ‘n dag wat beloof om vol opwindende rugbyaksie te wees.
Hierdie wedstryde dien ook as amptelike proewe vir die Griekwas-vrouespan, en spelers het die geleentheid om hul rugbytalent te vertoon en provinsiaal gekeur te word.
In April vanjaar is geskiedenis in die Noord-Kaap gemaak met die intreewydstryde van diรฉ Avbob Vrouerugby Superliga. Dit volg nรก Griekwaland Wes-Rugbyunie (GWRU) se goedkeuring en inspeksie van vier vrouerugbyklubs.


Hiertydens is bepaal dat die vrouerugbyspan van die Sol Plaatje-universiteit (SPU), Colesberg Sinegugu Queens, Kenhardt Undisputed Divas en Sishen-rugbyklub as volwaardige, funksionerende vroueklubs ondersteuning van die unie sal ontvang.
Kat Swanepoel, bestuurder van amateurrugby by GWRU, het vroeรซr gesรช dat harde rugby tydens diรฉ wedstryde van 40 minute aan ‘n kant gespeel word.
Die program vir Saterdag se wedstryde is soos volg:
- 10:00 – Proteas teen Rivertons RFC
- 12:00 – Colesberg Sinegugu Queens teen Kenhardt Undisputed Divas
- 14:00 – SPU teen Sishen
Toegang is gratis.
LEES OOK: Noord-Kaap se eerste volwaardige vrouerugbyklubs speel โharde rugbyโ en ook: Nuwe elite-kompetisie in GWRU bied vrouerugbyklubs blootstelling






You must be logged in to post a comment.