Keysha Jantjies mik om die bal uit te gooi.
Keysha Jantjies mik om die bal uit te gooi. FOTO: Facebook

Vier vrouerugbyklubs in Noord-Kaap speel taai wedstryde in superliga


Die Kenhardt Undisputed Divas het Saterdag 16 Mei hul eerste nederlaag in die Avbob Vrouerugby Superliga teen die Sol Plaatje-universiteit (SPU) in Kimberley beleef, met ‘n telling van 70-12 in SPU se guns.

“Al was die wentelling groot, was die wedstryd vir lang tye baie tight en het ons meisies hul harte uitgespeel en nooit opgegee nie. Ons is trots op elke speler wat die Divas-kleure met trots verteenwoordig het,” sê die klub op Facebook.

Cageley Jors (13) en Lené Jors (13) het planne om Sol Plaatje-universiteit te keer. FOTO: Facebook

Divas se volgende ligawedstryd vind op 30 Mei teen Sishen Ladies plaas.

Die afgelope naweek het Sishen Ladies en Colesberg Queens mekaar in Sishen getakel, waar Sishen ‘n sege van 19-17 behaal het.

Dié vier vroueklubs ontvang ondersteuning van die Griekwaland Wes-Rugbyunie as volwaardige, funksionerende vroueklubs.

LEES OOK: Noord-Kaap se eerste volwaardige vrouerugbyklubs speel ‘harde rugby’

Clarize Smith van Kenhard Undisputed Divas
Kenhardt Undisputed Divas se Clarize Smith hardloop met die bal – sy is ‘n ervare speler wat al voorheen die junior Springbok-vrouekamp bygewoon het. FOTO: Facebook
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article