Arthur Jantjies, wenner van Two Oceans 2026.
Arthur Jantjies by die wenstreep. FOTO: Facebook

Bykans geskok het nasionale en internasionale media na Arthur Jantjies as “unknown man”, “little known” en “small town boy” verwys nรก hy Saterdag die Two Oceans-ultramarathon in Kaapstad voor die neus van die gunsteling en meer bekende Onalenna Khonkhobe gewen het.

Noord-Kapenaars wat wedloop-uitslae dophou sal egter weet dat die 25-jarige Jantjies van Hopetown geruime tyd reeds in diรฉ provinsie as ‘n langasem bekend is. Bowendien is daar min wedlope in diรฉ omstreke waarin hy nie ‘n podiumplek behaal het nie.

Voortaan sal “King Arthur”, soos hy reeds in die Noord-Kaap genoem is, se naam in dieselfde asem as die “Queen of Two Oceans”, Gerda Steyn, genoem word.

Die wenners van vanjaar se Two Oceans-marathon, Arthur Jantjies en Gerda Steyn. FOTO: Facebook

Jantjies slaan toe kort voor eindstreep

Met Saterdag se Two Oceans-marathon oor ‘n afstand van 56 kilometer was Zimbabwe se Blessing Waison die eerste atleet om die berugte Constantia-nek te benader. Hy is gevolg deur die veelbekroonde Khonkhobe, die verdedigende kampioen Joseph Seutloali, en Jantjies.

Die drie het Waison op 49 kilometer ingehaal, met Khonkhobe wat die voortou by die 51 kilometer-merk geneem het. Seutloali het teruggeval, maar Jantjies het by Khonkhobe gebly. Net voor Chetโ€™s Hill het Jantjies hom verbygesteek en ‘n oorwinning van 35 sekondes oor Khonkhobe behaal.

โ€œEk weet hy (Khonkhobe) is vinniger as ek. Maar in oefening tel ons altyd in die laaste 8 kilometer op. Ek het naby hom gebly, en hy het te vinnig moed opgegee. Toe het ek vir myself gesรช ek gaan nou toe slaan,โ€ het Jantjies direk nรก die wedloop vertel.

โ€œDis โ€™n fenomenale stap. Dis geskiedenis,โ€ sรช Jantjies nadat hy die wedren in 3:09:25 voltooi het. โ€œEk is โ€™n kleindorpieseun wat die Two Oceans wen.โ€

Khonkhobe het die wedren in 3:10:00 voltooi, en Waison in 3:11:13. Hoewel dit nie haar beste tyd vir die Two Oceans was nie (3:27:43), is Steyn vir die sewende opeenvolgende keer die wenner in die vroue-afdeling.

Arthur Jantjies saam met Onalenna Khonkhobe en Blessing Waison op die podium. FOTO: Facebook Totalsports Two Oceans Marathon Credit: Mark Sampson

Saterdag se wedren was Jantjies se tweede ultramarathon nadat hy die sesde plek in die 2025 City to City-marathon behaal het (2:54:26).

Tydens onderhoude wat Saterdag met hom gevoer is, het Jantjies krediet aan sy afrigter, John Hamlett, gegee vir die moeilike oefenkamp nadat hy aan die begin van die jaar by die Pan African Resources Club aangesluit het. Jantjies het vertel dat hy tydens sy oefentydperk gereeld lang afstande op 800 meter-elevasiehoeke gedoen het.

“Ek was vir agt weke weg van my familie. Wat hy ook al gesรช het, het ek gedoen. Geen vrae gevra nie. My afrigter sรช ons bly klein en vlieg onder die radar. Dit was beter as om soos ‘n kanonskoot weg te skiet.”

‘Wedloop maak deure oop’

“Dit is die eerste groot titel vir my dorp in die Noord-Kaap. Om hierdie wedloop te wen, maak deure oop, want dit plaas my naam รชrens.โ€

Jantjies, wat aan die Hoรซrskool Steynville in Hopetown matrikuleer het, het hier sy hardloopvoete onder die leiding van Pamela Jonas en Maryna van der Walt ontdek. Daarna is sy talent verder by die Hopetown Running Club onder afrigter Sydney Stevens verfyn. Voordat Jantjies by Hamlett aangesluit het, was hy vir drie jaar lid van die Kgosi Galeshewe Athletics Club in Kimberley.

In sy gelukwensing het Thato Setlholo, president van Atletiek Griekwaland-Wes, gesรช dat Jantjies die hele Noord-Kaap trots gemaak het. “Jou oorwinning is nie net ‘n persoonlike prestasie nie, maar ‘n simbool van wat moontlik is vir elke atleet in ons provinsie. Jou dissipline, veerkragtigheid en geloof het vrugte afgewerp op een van die grootste verhoรซ.”

Op Facebook skryf Venancia Mphahlele: “We all as Hopetowners are proud of you Arthur from near and far, we are beaming with pride Hopies-love se mense kan nie wag vir die champ se tuiskoms. Well done again, I still have goosebumps”.

Mase Mogorosi skryf: “Jy nodig net a Jet to cum back home. Wish I win the Lotto today, ek Jet jou myself. Hat off my Champ.”

LEES OOK: Northern Cape long-distance runner op a streak

Enkele vorige prestasies

Van Jantjies se vorige prestasies sluit in:

  • op 28 April 2025 behaal hy sy beste tyd (2:19:42) tydens die Durban International Marathon;
  • op 14 April 2025 behaal hy die sesde plek in die Two Oceans-halfmarathon;
  • op 1 Maart 2025 wen hy die 55ste Diamond-marathon in Kimberley (2:22:53);
  • op 2 Maart 2024 wen hy die 54ste Diamond-marathon (2:27:23);
  • op 10 Februarie 2024 wen hy die Kloppers-marathon in Bloemfontein (2:33:28);
  • op 3 Februarie 2024 wen hy die Vodacom Meerkat-marathon (2:32:17); en
  • op 9 Desember 2023 wen hy die Magersfontein-veldwedloop van 25km (1:28:14).
Atlete op Chapmanspiek tydens die naweek se Two Oceans-marathon. FOTO: Facebook

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article