Verdagte in Velddrif-vrou se moordsaak in hegtenis in Paarl

Wyle Kotie Nel

Verdagte in Velddrif-vrou se moordsaak in hegtenis in Paarl


PAARL – Byna drie weke nadat Kotie Nel, ‘n nuwe intrekker van Velddrif, se afskeidsdiens gehou is, het die Suid-Afrikaanse Polisie bevestig dat ‘n verdagte in verband met haar moord in hegtenis geneem is.

Weslander het berig dat Nel op 26 Maart met verskeie steekwonde in ‘n woning in Lemoenkloof, Paarl, aangetref is. Sy is op die toneel dood verklaar.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, is ‘n 39-jarige man op Maandag 27 Julie in Samora Machel in hegtenis geneem.

Die verdagte is na die Paarl-polisiekantoor geneem, waar hy in aanhouding bly, en sal môre (Woensdag 29 Julie) in die Paarl-landdroshof op ‘n aanklag van moord verskyn.

Die polisie het nog geen verdere besonderhede oor die ondersoek bekend gemaak nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 23 July 2026
    Weslander E-Edition – 23 July 2026

Gift this article