Die gaspistool en mes wat volgens die polisie in Dillian Barends se besit gevind is.

Twee verdagtes in aparte voorvalle met wapens betrap


LAAIPLEK/SALDANHA – Twee 29-jarige mans is in afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem nadat hulle volgens die polisie met wapens rondgeloop het en van die polisie probeer weghardloop het.

Dillian Barends (29) van Noordhoek, Laaiplek, het Sondagaand glo probeer weghardloop toe hy polisiebeamptes gewaar. Hy is voorgekeer en deursoek, waarna ‘n mes en gaspistool na bewering in sy besit gevind is.

Volgens die polisie kon Barends geen redelike verduideliking gee vir waarom hy die wapens by hom gehad het nie. Hy het Maandag in die hof verskyn.

In ‘n afsonderlike voorval is Riaan Kotze (29) van Saldanha Vrydagaand in Koningklipstraat aangekeer. Kotze het volgens die polisie ook probeer weghardloop toe hy beamptes gewaar. ‘n Nagemaakte vuurwapen is glo in sy besit gevind.

Kotze het Maandag in die hof verskyn.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 August 2026
    Weslander E-Edition – 27 August 2026

Gift this article