‘n Man (28) is met onwettige perlemoen aangekeer.

Polisie keer twee in Diazville aan


SALDANHA – Lede van die openbare-orde-polisiëringseenheid (POP) van die Saldanha-polisie het verlede Maandag en Dinsdag (20 en 21 Julie) twee suksesse in Diazville behaal waartydens die polisie op ‘n ongelisensieerde vuurwapen, ammu­nisie en perlemoen met ‘n geskatte waarde van R20 000 beslag gelê het.

Die polisie het verlede Maandagoggend inligting opgevolg oor ‘n vuurwapen wat na bewering na ‘n woning in Baylaan verskuif is. Die perseel is met die huis­­eienaar se toestemming deursoek, waarna ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ses .38-patrone gevind is.

Die 65-jarige huiseienaar is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Hy sou in die landdroshof op Vredenburg verskyn het sodra hy aangekla was.

'n Ongelisensieerde vuurwapen is in Baylaan gevind.
‘n Ongelisensieerde vuurwapen is in Baylaan gevind.

In ‘n afsonderlike voorval verlede

Dinsdagoggend het dieselfde span inligting opgevolg oor wapens wat vermoedelik by ‘n woning in Repulsestraat versteek is.

Geen wapens is tydens die deursoeking, wat ook met die huis­­eienaar se toestemming plaasgevind het, gevind nie.Die polisie het wel 81 stukke perle­moen met ‘n geskatte waarde van R20 000 in die kamer van ‘n 28-jarige man gekry.

Hy is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van perlemoen en sal in die landdroshof in Vredenburg verskyn.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 July 2026
    Weslander E-Edition – 30 July 2026

Gift this article