Allan Winde besoek verlede week Langebaan se poisiestasie. Foto: Noluvu Ludidi

Premier besoek Weskus se netjiesste polisiekantoor


Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het verlede Dinsdag (21 Julie) die Langebaan-polisiestasie besoek nadat dit reeds in Desember as die netjiesste polisiestasie in die Saldanhabaai-munisipaliteit aangewys is.

Die stasie het tydens die Weskus-distriksmunisipaliteit (WKDM) se netjiesste polisiestasie-geleentheid op Vrydag 5 Desember twee toekennings ontvang. Die Langebaan-polisiestasie het die eerste plek in die algehele netheidskategorie vir die Saldanhabaai- munisipaliteit behaal en tweede plek in die Weskus-distrik.

Die verbetering van die stasie is moontlik gemaak deur die ondersteuning van die Langebaan Gemeenskaps- polisiëringsforum (GPF), Team Langebaan Neighbourhood Watch, Longacres Neighbourhood Watch, die Langebaan-gemeenskapsvereniging, ander rolspelers en die breër gemeenskap.

Indawo Construction het ook deur ‘n openbare en private vennootskap tot die opknapping bygedra, met R700 000 wat ingesamel is vir verbeterings soos verfwerk, tuine, beligting, naamborde en meubels.

Winde is tydens die besoek vergesel deur Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, en generaal-majoor Sizakhele Dyantyi, die Weskus-distrik se polisiebevelvoerder. Hulle het die personeel met die prestasie gelukgewens.

Winde sê die stasie behoort as voorbeeld vir ander polisiestasies te dien, maar wys ook op voortdurende uitda- gings soos personeeltekorte, onvol-

doende voertuie en vakante bestuursposisies. Hy het ‘n beroep op die nasionale polisieleierskap gedoen om aandag te gee aan die tekort aan hulpbronne in die Wes-Kaap.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 July 2026
    Weslander E-Edition – 30 July 2026

Gift this article