Die vermiste Lenie Rhode.

Suster Lenie (75) van Laingville steeds vermis


Die polisie en familielede van Magdalena Rhode (75) doen ‘n beroep op die publiek om te help om “Suster Lenie” op te spoor.

Rhode se familie het haar die afgelope Sondag (28 Junie) al as vermis aangemeld.

Volgens Thyrone Williams, die adjunkburgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit, is Rhode die laaste keer Sondag omstreeks 02:30 gesien toe sy haar woning in die Laingville-buurt verlaat het. Williams sê Rhode ly aan demensie, wat ernstige kommer oor haar veiligheid wek. Rhode het ten tyde van haar verdwyning ‘n ligblou nagrok en pantoffels aangehad en word as kort van postuur beskryf.

Volgens Rhode se seun, Ricardo Rhode, het sy ma al voorheen probeer om van die huis af weg te loop. “Dit wat nou die naweek gebeur het, is ‘n heel ander storie. Ons het al die hele Laingville deurgesoek, Velddrif se kant en oral waar ons dink sy kan wees.”

Ricardo sê iemand het ook op die munisipale kamera-opnames van die paaie gekyk, maar daar was geen teken van sy ma nie.

Nog 'n foto van Lenie Rhode.
Nog ‘n foto van Lenie Rhode.

Die St. Helenabaai-polisie ondersoek die saak.

Andrew Prinsloo, die bevelvoerder, het gesê speurders was saam met polisiebeamptes met ‘n uitgebreide soektog na Rhode besig.

Intussen is hommeltuie al gebruik en het ‘n soek-en-reddingsorganisasie van Vredenburg ook begin soek.

Ricardo sê hy weet nie wat kon gebeur het nie. “Nêrens is daar leidrade nie. Ons weet nie meer watter kant toe nie. Ons het nie eintlik woorde nie, maar ons versoek die publiek om asseblief op die uitkyk vir haar te wees.”

• Die familie bied ‘n R5 000-beloning aan vir leidrade wat tot Rhode se opsporing kan lei. Enigeen met inligting oor waar sy kan wees, word gevra om die St. He-

lenabaai-polisie by 082 443 8384 te kontak.

Die plakkaat oor Ouma Lenie Rhode se verdwyning.
Die plakkaat oor Ouma Lenie Rhode se verdwyning.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 2 July 2026
    Weslander E-Edition – 2 June 2026

Gift this article