Senior Ekspo: ’n dag vol inligting, inspirasie en nuwe moontlikhede

Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap-streek be- plan ‘n Seniors Ekspo vir die Weskus.

Senior Ekspo: ’n dag vol inligting, inspirasie en nuwe moontlikhede


LANGEBAAN – Senior burgers in die Saldanhabaai-gebied word herinner aan die Senior Ekspo wat op Woensdagt 16 September by die NG Kerk aangebied gaan word.

Die ekspo bied ‘n geleentheid om hulself te vergewis van ’n wye verskeidenheid dienste en ondersteuning wat spesifiek op hul behoeftes gerig is en om hulle direk in kontak te bring met diensverskaffers wat ’n belangrike rol in hul lewens kan speel.

Verskeie uitstallers uit verskillende diensleweringsvelde sal tydens die ekspo hul dienste aan die gemeenskap bekendstel. Dit sluit onder meer finansiële dienste, mediese dienste, aftree-oorde en moontlike verblyfopsies, asook ondersteuningsdienste soos voetsorg, arbeidsterapie en tuisversorging in.

Die dag beloof om nie net leersaam nie, maar ook interessant te wees, met ’n program wat deur bekende sprekers aangebied word.

Ds Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Helpende Hand, prof. Rayne Stroebel, uitvoerende direkteur van Geratec, en Johan Laten, motiveringspreker en eienaar van Reboot Your Resilience, sal as sprekers optree.

Daar sal ook gedurende die dag versnapperinge en etes te koop wees.

Seniors en alle ander belangstellendes word aangemoedig om hul kaartjies vroegtydig te koop om hierdie geleentheid by te woon. Kaartjies kos R50 per persoon.

Die organiseerders nooi ook plaaslike besighede, organisasies, instellings en NRO’s uit om by die inisiatief betrokke te raak en saam ’n positiewe verskil in die lewens van senior burgers in die Saldanhabaai-gebied te maak.

Vir navrae of uitstalruimtes kan Mariëtte Roos, Streekorganiseerder van Helpende Hand in die Weskus, gekontak word by marietteroos@helpendehand.co.za, of maatskaplike werker Lizelle de Jager by lizelledj@helpendehand.co.za.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 3 September 2026
    Weslander E-Edition – 3 September 2026

Gift this article