HOPEFIELD – Die tema van Mnr. en Mej. Fynbos Tiener was vanjaar “The Jungle Book” en die loopplank het geknars onder al die oerwoudkostuums, diere-uitrustings en blare.
Die gewilde jaarlikse kindermodelkompetisie vir kinders van 2 tot 16 jaar oud is die afgelope Donderdag (28 Augustus) as deel van die jaarlikse Hopefield-fynbosskou se openingsaand gehou.
Die kinders was vanjaar uitgevat in uitrustings van ‘n wolf, papegaaie, poue, woudfeetjies en avonturiers. Elkeen het eintlik ‘n prys verdien, maar die titel van “Beste geklee” het gegaan aan Zian Rust en Karlien Hanekom.
Shakira Williams en Juandré Corrie het met die louere as Mej. en Mnr. Fynbos Tiener 2026 weggeloop. Hulle kon met selfvertroue wys dat hulle dit geniet om op die loopplank te wees en het spontane pret gehad.

Die wenners vir 2026
Mej. Tiny Fynbos:

Mnr. Tiny Fynbos:

Mej. Little Fynbos:

Mnr. Little Fynbos:

Mej. Junior Young Fynbos:

Mnr. Junior Young Fynbos:

Mej. Young Fynbos:

Mej. Junior Teen Fynbos:

Mej. Tiener Fynbos:

Mnr. Tiener Fynbos:

Die beoordelaars, wat die moeilike taak gehad het om die deelnemers ‘n punt uit vyf toe te ken vir onder meer spontane optrede en selfvertroue, was Stefan Kolver ( Novus Media-uitgewer van onder meer Weslander); Mariëtte Vorster, sakevrou en finalis in die Mev. Suid-Afrika 2026-kompetisie; Annemarie van der Merwe, sakevrou; en Tracey-Lee Julies, vorige deelnemer.

Wenners in Weslander se Mnr. en Mej. Fynbos Tiener Fotogenies was:
2-4 Adrian Yuill en Kukho Ncate, 5-7 Zach du Plessis en Grace Suter, 8-10 Zian Rust en Lize Scherman, Divan de Lange en Merenell Slaney, en 14-16 Aiden-Lee Paxton en Jana van Schalkwyk.
Blaaie gerus deur die fotogalery. Foto’s deur Blaze Buckle.





























You must be logged in to post a comment.