Hopefield Fynbosskou vier 37 jaar van fynbos, gemeenskap en tradisie

Hopefield Fynbosskou keer weer terug.
Hopefield Fynbosskou keer weer terug.

Hopefield Fynbosskou vier 37 jaar van fynbos, gemeenskap en tradisie


HOPEFIELD – Die Hopefield Fynbosskou maak vanjaar weer gereed om besoekers van oor die land heen te verwelkom wanneer die skou vanaf Donderdag 27 tot Sondag 30 Augustus by die Hopefield-sportterrein aangebied word.

Die skou vier vanjaar sy 37ste bestaansjaar.

Die jaarlikse geleentheid het oor die jare uitgebrei tot ’n viering van die Sandveld se unieke fynbos, landbou, kultuur en gemeenskapsgees. Honderde vrywilligers en lede van die gemeenskap werk maande lank saam om die skou moontlik te maak.

Een van die groot trekpleisters bly die bekende fynbosuitstalling, waarin honderde fynbosspesies uit die Sandveld en omliggende gebiede uitgestal word. Die uitstalling bied besoekers die geleentheid om die streek se besondere biodiversiteit van nader te ervaar.

Leon Kluge.
Leon Kluge gaan ‘n praaitjie aanbied by die fynbosskou.

Vanjaar sal die uitstalling in ‘n pragtige tent aangebied word. Gideon Melck, Phoebe Melck, Olivier Slabber, Jacques van der Westhuizen en Rueben Kotze is verantwoordelik vir die bou en opstel van die vlei en uitstalling in die tent. Spesiale gaste is Leon Kluge, ‘n internasionaal bekroonde landskapontwerper en plantkenner, en die immergewilde Gideon Melck, wat besoeker baie gaan leer.

Benewens die fynbosuitstalling sal daar kuns- en kunsvlytstalletjies, plaasprodukte, kos, landbou-uitstallings en vermaak vir die hele gesin wees.

Leer meer oor die Koekemakranka aangebied deur Gideon Melck.
Leer meer oor die Koekemakranka, aangebied deur Gideon Melck.

Helena van der Westhuizen, organiseerder van die skou, sien uit daarna om talle besoekers te sien en meen die skou dien ook as ‘n geleentheid om meer te leer van ons pragtige fynbos.

Sy beklemtoon dat die skou nie net oor die vertoon van fynbos gaan nie, maar ook oor die bewaring van die streek se natuurlike erfenis en die betrokkenheid van die plaaslike gemeenskap.

Met sy kombinasie van natuur, kultuur, landbou en samehorigheid van die gemeenskap bly die Hopefield Fynbosskou ’n belangrike jaarlikse gebeurtenis op die Weskus-kalender.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 20 August 2026
    Weslander E-Edition – 20 August 2026

Gift this article