Man in hof ná beweerde poging om by Vredenburg-besigheid in te breek

Misdaadnuus
Misdaadnuus

Man in hof ná beweerde poging om by Vredenburg-besigheid in te breek


VREDENBURG – Leano (Lee Hano) Pienaar (29) het Dinsdag 18 Augustus in die Vredenburg-landdroshof verskyn nadat hy na bewering saam met twee makkers probeer het om by ’n besigheidsperseel in Vredenburg se Hoofstraat in te breek.

Die voorval het Sondagaand 16 Augustus omstreeks 23:25 plaasgevind.

Volgens die inligting het die 66-jarige klaer om hulp geskree, waarna ’n sekuriteitsfirma ontbied is. Pienaar is met die hulp van die sekuriteitsbeamptes vasgetrek, terwyl sy twee makkers te voet gevlug het.

Pienaar is in die verlede onder meer in verband met sake van poging tot moord, diefstal, winkeldiefstal, die besit van dwelms en inbrake in hegtenis geneem. Die klagte in dié sake is egter volgens die beskikbare inligting later teen hom teruggetrek.

Pienaar sal weer op Dinsdag 25 Augustus in die hof verskyn.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 20 August 2026
    Weslander E-Edition – 20 August 2026

Gift this article