Hopefielders Noreen Faro, Belinda Steenberg, Frieda Damon en Yvonne White. Foto: Noluvu Ludidi
Hopefielders Noreen Faro, Belinda Steenberg, Frieda Damon en Yvonne White. Foto: Noluvu Ludidi

Fynbosskou lok duisende

Hopefielders Noreen Faro, Belinda Steenberg, Frieda Damon en Yvonne White. Foto: Noluvu Ludidi
Hopefielders Noreen Faro, Belinda Steenberg, Frieda Damon en Yvonne White. Foto: Noluvu Ludidi

Die Hopefield Fynbosskou het verlede week, van Donderdag 27 tot Sondag 30 Augustus, meer as 6 000 besoekers gelok.

Volgens Helena van der Westhuizen, organiseerder, was vanjaar se fynbosuitstalling een van die grootste trekpleisters.

Die program het ook praatjies deur Leon Kluge, wenner van die Chelsea-blommeskou, Gideon Melck oor die koekemakranka en Jacques van den Westhuizen oor die spesietafel ingesluit.

Van der Westhuizen sê die skou bied ‘n platform aan plaaslike kunstenaars, produsente, ondernemings en die boerderygemeenskap. “Ons het vanjaar doelbewus gefokus op kunstenaars uit die omliggende gebied, eerder as om net groter, beken- de kunstenaars te gebruik.”

Plaaslike kunstenaars kon sodoende optree of hul werk be- kendstel en met die gemeenskap in aanraking kom.

Verskeie ondernemings en produsente het ook uitgestal, onder meer dié uit die motor- bedryf en landboutoerusting- sektor.

Volgens Van der Westhuizen is die betrokkenheid van die gemeenskap en vrywilligers die grootste rede vir die skou se voortbestaan. “Ons vat hande, en sonder ons mense en vrywilligers sou daar nie ‘n skou wees nie.” Sy het ‘n beroep op inwoners gedoen om by die skou betrokke te raak.

Spesiale erkenning is aan Olivier Slabber, ondervoorsitter en plaaslike boer, vir sy rol in die skou se voortbestaan gegee.

Sien meer foto’s deur Noluvu Ludidi:

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 3 September 2026
    Weslander E-Edition – 3 September 2026

Gift this article