Die ongelukstoneel op die R27.

Oud-sokkerspeler sterf in botsing


Die voormalige SuperSport United-verdediger Gareth Orritt (52) is Saterdagmiddag omstreeks 15:00 in ‘n motorongeluk op die Weskuspad (R27) oorlede.

Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het Orritt se voertuig teen ‘n ander voertuig gebots.

Wyle Gareth Orritt.
Wyle Gareth Orritt.

Orritt het gedurende ‘n 10-jaar-professionele loopbaan ook vir Wits University en Pretoria City gespeel. Hy het 134 wedstryde op die hoogste vlak begin en nege doele aangeteken.

Hy was lid van SuperSport United se span wat in 1999 die Bob Save Super Bowl gewen het – die klub se eerste groot trofee.

Orritt het in Maart 1993, kort ná sy 19de verjaardag, sy professionele debuut vir Wits University onder die afrigter Terry Paine gemaak. Hy het die daaropvolgende seisoen by Pretoria City aangesluit.

Nadat Pretoria City se franchise deur SuperSport oorgeneem is, is Orritt weer met Paine herenig.

Voormalige spanmaats en sokkerkollegas het sedert sy dood op sosiale media hulde aan die voormalige verdediger gebring.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 3 September 2026
    Weslander E-Edition – 3 September 2026

Gift this article