Dagboek-inskrywings is gratis. Stuur jou inligting per e-pos na weslander@novusmedia.co.za of ‘n WhatsApp na 082 576 0453.
Vrydag 11 September
Alkoholiste Anoniem Saldanha vergader van 18:30 tot 19:30 in die Hoedjiesbaai-hotel in Hoofstraat. Bel Kelly by 082 410 3952.
Weskus Kallie tree op by die Hoofkantoor in Saldanha vanaf 20:00 tot 23:00. Bel 076 486 4758 of 076 956 0073.
Saterdag 12 September
De Drift-winkelsentrum in Velddrif hou markdag met ‘n verskeidenheid stalletjies met plaaslike produkte.
Maandag 14 September
Alkoholiste Anoniem Vredenburg vergader van 18:30 tot 19:30 in die Metodiste-kerksaal in Hospitaalstraat. Bel Monique by 071 402 8771.
Donderdag 24 September
Weskus Mall Braaibroodjie-kompetisie. Maak jou span bymekaar, kies ‘n tema en wys jou braaibroodjie-vaardighede by die kompetisie om 10:00. Lekker kos, pret en vriendelike kompetisie, met fantastiese pryse op die spel. Inskrywings sluit op Vrydag 11 September. Plek is beperk. Skakel 022 703 6900 of stuur e-pos na info@weskus-mall.co.za.
Vrydag 25 September
Weskus Kallie tree by Sandbar in Langebaan op, van 19:00 tot 22:00. Skakel 076 486 4758 / 076 956 0073.
Saturday 26 September
Cupcakes of Hope at Weskus Mall from 09:00 in the Food Court. Funds raised will go towards the Cupcakes of Hope Foundation. Cupcakes will be sold for R10 each. To get involved, contact the Marketing Team on 022 703 6900.
Weskus Kallie tree op by Maanhaar in Velddrif vanaf 15:00 tot 18:00. Daarna tree hy op van 20:00 by die Veterane-trekkerskou by Moreson Malmesbury in die hooftent, tot 02:00. Bel 076 486 4758 / 076 956 0073.
Seekos en Wynfees, Yzerfontein: Geniet ‘n feestelike dag vir die hele gesin by die Yzerfontein Sportklub van 10:00 tot 16:00. Daar sal lewendige musiek, markstalletjies, kindersvermaak en ’n heerlike seekos-kookkompetisie wees.
Sondag 27 September
Kom geniet ’n spesiale Internet Sensasie-vertoning saam met Mel die Storieverteller by Strandkombuis Yzerfontein. Deure open 11:30, verrigtinge begin 12:00 en die vertoning om 13:00. Kaartjies kos R580 per persoon, insluitend ’n driegang-seekosmaaltyd. Kry jou kaartjies op Quiket of www.meldiestorieverteller.co.za of besoek die Yzerfontein toerisme kantoor.
Saterdag 3 Oktober
Bergrivier Jazz is weer terug. Die geleentheid het kunstenaars soos Emo Adams, Karin Kortjie, Richard Ceaser, Steyn Fourie en soveel meer op die verhoog. Dit vind by die Laaiplek-hotel om 16:00 plaas. Kaartjies kos R150. Om te bespreek besoek www.weskustickets.co.za of kontak Steyn op 083 558 4947.
Wednesday 28 October
Harbour of Wellness in Saldanha will be hosting its annual general meeting at 11:00. Everyone is welcome.




