Ronél van der Walt en konst. Julandie Jantjies, wat die trauma-sentrum sal beheer.

Inwoners samel in


Die Langebaan-gemeenskap het verlede Saterdag (15 Augustus) hul harte en hande saamgeslaan by ‘n geldinsamelings- en bewusmakingsoggend ten bate van die Trauma-sentrum agter die Langebaan-polisiekantoor.

Die geleentheid by die Lange­baan-­gemeenskapssaal is deur sowat 130 vroue bygewoon met die doel om geld en noodsaaklike ondersteuning vir die sentrum se werk in te samel.

Volgens die organiseerder, Ronél van der Walt, was die sukses van die oggend grootliks te danke aan die vrygewigheid van plaaslike inwoners en sakeondernemings. “Na maande se noukeurige beplanning en harde werk was dit moontlik om die hele saamtrek sonder enige koste aan te bied. Alles – van die kos en drankies tot die saalhuur, versiering en dienste van gassprekers, ‘n sanger en ‘n selfverdedigings­aanbieder – was gratis.”

Petra Ebete (gasspreker) saam met Van der Walt.
Petra Ebete (gasspreker) saam met Van der Walt.

Gaste is ook gevra om toiletware, soos seep, tandeborsels, tandepasta, lyfroom en sanitêre produkte, te skenk. Dié items word gebruik om noodpakkies vir mishandelde vroue saam te stel.

Van der Walt sê twee belang­rike langtermyn-borgskappe is ook bekom – ‘n skeepsvraghouer wat as ‘n ekstra beradingsruimte ingerig sal word, asook ‘n selfoon vir vrywillige beraders.

Van der Walt het al die borge en almal wat die dag moontlik gemaak het, bedank.

“Ek is ongelooflik trots op wat ons saam as ‘n gemeenskap bereik het.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 August 2026
    Weslander E-Edition – 27 August 2026

Gift this article