Weslander verskaf weekliks ‘n kort blik op die vorige week se misdaadgebeure in sy verspreidingsgebied met behulp van kapt. Tania Helfrich, ‘n distrikswoordvoerder van die Weskus-polisie:
• Voertuigdiefstal: ‘n Swart Datsun-bakkie is tussen Vrydagaand en Saterdagoggend, 18-19 September, van ‘n plaas in die Laaiplek-omgewing gesteel. Op die kringtelevisie kan gesien word hoe die bakkie deur ‘n ander voertuig gesleep word.
• Moord: Charlton Hanekom (27) van Clanwilliam is Sondagoggend (20 September) om 06:10 met veelvuldige meswonde dood langs ‘n kroeg in Khayelitsha gevind. Jayden Cupido (21) is in hegtenis geneem en het Dinsdag in die hof verskyn.




