Altesaam 21 gimnaste van die Azure-gimnastiekklub sal van Vrydag 2 tot Sondag 4 Oktober die Wes-Kaap by die 2026-nasionale kampioenskap in Pretoria verteenwoordig.
Die gimnaste sal onder leiding van Bianca Coenraad, hoofafrigter, en Jenna Meyer, assistent-afrigter, na Pretoria reis.
Vir die Azure-gimnastiekklub is die deelname ‘n besondere mylpaal en die resultaat van jare se harde werk, toewyding en opoffering deur die gimnaste, afrigters en ouers. Die klub het van ‘n beskeie begin gegroei tot ‘n groep van 21 gimnaste wat vanjaar die geleentheid kry om hul provinsie op nasionale vlak te verteenwoordig.

Volgens die klub is hierdie prestasie ‘n weerspieëling van harde werk en ondersteuning van die hele Azure-gemeenskap. Die klub gee ook erkenning aan God vir die pad wat hulle tot dusver gestap het.




You must be logged in to post a comment.