Drie jong gimnaste van die Azure-gimastiekklub in Langebaan het Saterdag 1 Augustus by die eerste Showstopper Dance Festival 2026 in Langebaan uitgeblink. Sanri Cilliers, Fabiolah Loubser en Isabella Tabone is met ‘n goue toekenning in die junior akrobatiese afdeling bekroon ná ‘n indrukwekkende vertoning. Bianca Coenraad, die hoofafrigter, sê sy is besonder trots op dié drie gimnaste se prestasie. “Ek is ongelooflik trots op hul harde werk, toewyding en uitstekende prestasie. Hulle oefen met groot toewyding en dit is wonderlik om te sien hoe hul harde werk beloon word,” sê Coenraad. Die drie se volgende groot uitdaging is die Westelike Provinsie-kampioenskap. “Ek wens hulle alle sterkte toe met die kampioenskap en die res van hul 2026-seisoen. Ek glo hulle sal aanhou om ons trots te maak,” voeg Coenraad by. Bo staan Fabiolah Loubser, Sanri Cilliers en Isabella Tabone trots met hul medaljes.

Gimnaste blink uit

Dié drie laat almal in hul spore vassteek

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 6 August 2026
    Weslander E-Edition – 6 August 2026

Gift this article