LOUWVILLE – Die Don Development Centre het op Saterdag (29 Augustus) ‘n jeugtalentvertoning aangebied by House of Potter. Die geleentheid het jongmense die kans gegun om hul talente ten toon te stel.
In die dansafdeling het God’s Creation die derde plek behaal, terwyl Worship Warriors tweede geëindig het. Francoline Kotzee het die eerste plek in die sangafdeling verower. Gemeenskapslede het die vertoning bygewoon en die deelnemers ondersteun. Don Development Centre het sy dank uitgespreek teenoor almal wat die geleentheid ondersteun het.





