Die Weskus-netbalfederasie se ontwikkelingspan het die afgelope naweek aan die Wes-Kaapse Vroue- en Meisies-ontwikkelingstoernooi in Hartenbos deelgeneem.
Die toernooi het jong netbaltalent van oor die Wes-Kaap die geleentheid gebied om mee te ding.
Gabriella Symons-Bradbury van die Langebaan-netbalklub is as een van die toernooi se top-10-spelers aangewys.
Die Weskus-netbalseisoen bereik op Saterdag 12 September ‘n belangrike mylpaal wanneer die halfeindstryde by die Laerskool Olifantsvallei in Citrusdal plaasvind. Die wedstryde begin om 14:00.
In die Superliga speel Langebaan A teen Darling A en Citrusdal teen Malmesbury A. Langebaan B pak Malmesbury B in die A-liga.
In die B-liga speel Swartland teen Young Spurs en Lutzville teen Abbotsdale.
Die C-liga se wedstryde is Hopefield A teen Malmesbury C en Koringaartjie teen Velddrif A.
In die D-liga speel Hopefield B teen Dream Team en Shooting Stars teen Goedverwacht Jags.
In die mansafdeling speel Vredenburg Men’s teen Shooting Stars en Whales sê Moorreesburg op die baan die stryd aan.




