Die West Coast College het drie studente wat vir die South African National Artisan Awards (SANAA) 2026 benoem is.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar waarin drie studente van die kollege vir die nasionale pryse benoem word.

Die benoemdes is Romario Arendse (sweiswerk), Xolisa Solo (ketelmakery) en Emoshene Moore (pypmontering).

Romario Arendse, sweiswerker.
Romario Arendse, sweiswerker.

Die SANAA-pryse erken uitnemendheid in ambagsontwikkeling en opleiding en beklemtoon die rol van ambagslui as professionele persone en bydraers tot die ekonomie. Volgens Lungisa Mbu- lawa, West Coast College-hoof, wys die benoemings op die gehalte van opleiding by die kollege en die vermoë van sy studente.

Emoshene Moore, pypmonteerder.
Emoshene Moore, pypmonteerder.

Moore is die enigste vroulike West Coast College-benoemde vanjaar. “Ek is diep geëerd omdat dit nie net my vaardighede en toewyding wys nie, maar ook die reis wat my gevorm het tot die vrou wat ek vandag is,” sê sy.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 3 September 2026
    Weslander E-Edition – 3 September 2026

Gift this article