Die huidige onderburgemeester in die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM), Thyrone Williams, is amptelik as die Good-party se SBM-burgemeesters- kandidaat vir die komende munisipale verkiesing in November benoem.

Die party se nasionale leier, Patricia de Lille, het die benoemings in ‘n media- verklaring bekend gemaak.

Williams, ‘n bekende gemeenskapsleier in die Weskus, is een van die party se altesaam 19 kandidate in die Wes-Kaap wat benoem is om sake later vanjaar by die stembus uit te spook.

Evert Manuel, ‘n gemeenskapsleier en huidige raadslid, is benoem as die party se burgemeesterskandidaat in die Berg- rivier-munisipaliteit.

Ricardo Winston van der Merwe is Good se burgemeesterskandidaat vir die Weskus-distriksmunisipaliteit.

Thyrone Williams
Thyrone Williams

Volgens De Lille gaan die komende verkiesing oor dorpe en stede wat rade met etiese en bekwame mense verdien.

“Mense wat werklik tussen ons woon. Mense wat ons strate, ons skole en ons klinieke ken, omdat hulle dit ook ge- bruik. Dit is die standaard wat Good en Rise Mzansi gesamentlik stel wanneer ons hierdie plaaslike regeringsverkie- sings in vennootskap betree. En dit is die standaard waarteen die leiers wat jy nou gaan ontmoet, gekies is.”

Die Good-leier sê die party wil nie net dit wat stukkend is, regmaak nie. “Ons wil iets beters bou. Dit begin met bekostigbaarheid. Eiendomsbelasting en tariewe wat rekening hou met wat ‘n huishouding werklik kan bekostig, en nie net met wat ‘n eiendom op papier werd is nie.”

Volgens De Lille streef die party na een standaard vir elke gemeenskap.

Ricardo Winston van der Merwe
Ricardo Winston van der Merwe

“Nie twee nie, maar dieselfde gehalte strate, straatbeligting, parke en nood- reaksie, ongeag of jy in die welvarendste voorstad of die armste township woon. Geen plekke meer waar slaggate maande lank wag om herstel te word terwyl ander binne ure aandag kry nie. Dit beteken om misdaad by die wortel aan te pak en nie net die simptome daarvan nie. Werklike mag vir plaaslike strukture oor gemeenskapsbegrotings, werklike deursigtigheid oor hoe besluite geneem word, en aanspreeklikheid in plaas van konsultasie wat bloot ‘n boksie afmerk.”

Sowat 30 miljoen Suid-Afrikaners is vir die landwye verkiesings op 4 November geregistreer.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 September 2026
    Weslander E-Edition – 10 September 2026

Gift this article