Swemmers oppad na die eindpunt tydens ‘n vorige Velddrif Mile.

Velddrif vier 10de myl


VELDDRIF – Die 10de jaarlikse Velddrif Mile, 3 km-swem en pretswem vind op Saterdag 14 November by die Port Owen Marina plaas. Realtors of Excellence West Coast is die borg.

Deelnemers kan kies tussen ‘n 500 m- pretswem, die 1,6 km-Velddrif Mile en ‘n 3 km-gevorderde swem.

Aanlyninskrywings vir die 1,6 km- en 3 km-items is tot 31 Oktober oop, met plek vir slegs 200 deelnemers. Daar is geen beperking op die 500 m-pretswem nie en deelnemers kan op die dag inskryf. Inskrywings vir die langer afstande is van 06:30 tot 07:45 by East Basin, met die wedren om 08:15. Die pretswem begin om 10:10.

Elke deelnemer ontvang ‘n medalje, met kontantpryse, trofeë en gelukstrekkings op die spel. Groepsafslag is beskikbaar. ‘n Swempet vir die 1,6 km- en 3 km-items is verpligtend.

Meer inligting is op die Velddrif Mile se Facebook-blad beskikbaar. Stuur epos aan velddrifmile@gmail.com of bel Ross by 083 444 9939 met navrae.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 September 2026
    Weslander E-Edition – 10 September 2026

Gift this article