Die toneel in Kootjieskloof waar ’n man Sondagmiddag dood aangetref is.
Die toneel in Kootjieskloof waar ’n man Sondagmiddag dood aangetref is.

Man moontlik deur weerlig doodgeslaan aan Weskus


VREDENBURG – ‘n Man is Sondag dood in ‘n veld naby die Usave-winkel in Louwville aangetref nadat swaar weer en weerlig oor die gebied uitgesak het.

Hoewel daar vermoed word dat hy deur weerlig getref is, moet amptenare dit nog bevestig. Die omstandighede rondom sy dood word ondersoek.

Nooddienste het by die toneel in Kootjieskloof opgedaag terwyl inwoners toegekyk het. Geen verdere besonderhede oor die man se identiteit is nog bekend gemaak nie.

Inwoners kyk toe terwyl nooddienste op die toneel in Kootjieskloof besig is.
Inwoners kyk toe terwyl nooddienste op die toneel in Kootjieskloof besig is.

Die voorval het plaasgevind terwyl die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWS) ‘n Geel Vlak 4-waarskuwing vir ontwrigtende reën oor dele van die Wes- en Noord-Kaap uitgereik het.

Die waarskuwing geld vanaf 18:00 Sondagaand 13 September tot 23:59 Maandagaand 14 September.

‘n Laagdrukstelsel sal wydverspreide buie en donderbuie bring, ook met laer temperature.

Die Weerdiens waarsku dat die reën tot oorstromings en ernstige ontwrigting kan lei. Reënval van tussen 25 mm en 50 mm word in die Oos-Namakwa en Sentrale Karoo verwag, met sommige distrikte wat tussen 60 mm en 80 mm kan ontvang.

“Dit kan lei tot die verplasing van geaffekteerde gemeenskappe, oorstroming van nedersettings en laagliggende gebiede, asook die sluiting van sommige brûe en paaie, sowel as bergpasse,” het die Weerdiens gewaarsku.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 September 2026
    Weslander E-Edition – 10 September 2026

Gift this article