Stephanie Bosman het haar moed op die meganiese bul getoets. Foto: Our Photo Journey

Mandjiedans slaag


SALDANHA – Die Saldanha Round Table 226 het op Saterdag 22 Augustus sy eerste Rodeo-mandjiedans aangebied.

Die geleentheid is bygewoon deur inwoners van Saldanha, Vredenburg en Langebaan, asook besoekers van buite die gebied.

‘n DJ het musiek verskaf en rugby is op ‘n groot skerm uitgesaai. Daar was ook ‘n meganiese bul, ‘n veiling en ‘n gelukstrekking.

Ruan Swanepoel en AJ Barrett.
Ruan Swanepoel en AJ Barrett.

Volgens Round Table 226 is geld by die geleentheid ingesamel wat vir gemeenskapsprojekte gebruik sal word. Round Table is ‘n organisasie wat jong mans by gemeenskapsdiens en projekte betrek.

Saldanha Round Table 226 het die gemeenskap, borge, skenkers en ander mense wat met die aanbieding gehelp het, bedank.

Volgens die organisasie het die ondersteuning vir die geleent- heid daartoe gelei dat die Rodeo-mandjiedans voortaan jaarliks aangebied sal word.

Inwoners kan Round Table 226 se sosiale media volg vir inligting oor toekomstige geleenthede.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 3 September 2026
    Weslander E-Edition – 3 September 2026

Gift this article