Die dood van Gertruide Gouws (60) is op Sondag 13 September by die polisie in Citrusdal aangemeld.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ‘n polisiewoordvoerder, was die oorsaak van haar dood aanvanklik onbekend. ‘n Lykskouing het egter op veelvuldige beserings gedui.

Jakob Gouws (67) is intussen in hegtenis geneem en het die afgelope Maandag (21 September) in die Citrusdal-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Helfrich sê ‘n ooggetuie het ook na vore gekom, wat beweer Gertruide is aangerand.

Die ondersoek duur voort.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition -24 September 2026
    Weslander E-Edition -24 September 2026

Gift this article