Irlo Liebenberg, heelagter, van die Saldanhabaai-rugbyklub en ‘n uitblinker in die 2026 Grootuitdaag-beker kompetisie van die Weskus.

Saldanha reg vir SBT12, PnP

Irlo Liebenberg, heelagter, van die Saldanhabaai-rugbyklub en ‘n uitblinker in die 2026 Grootuitdaag-beker kompetisie van die Weskus.

Die Saldanhabaai-rugbyklub is tans besig met finale afrondings vir twee van die land se strafste rugbykompetisies, die PnP- Goue Beker en die Sanlam-Boland-Top-12 (SBT12).

Die loting vir die 2026-Sanlam-Boland-­Top-12-kompetisie van die Boland-rugby­unie word Donderdag 17 September regstreeks van die Hoërskool Hugenote af uitgesaai (14:00).

Na afloop van die loting het Saldanha­baai (die verdedigende kampioen) en Roses United hul fokus na die PnP- Goue Beker, wat hierdie Saterdag (26 September) afskop, verskuif.

Saldanhabaai, een van die uitstaande rugbyklubs in die Boland-rugbyunie die afgelope dekade, gaan alles in sy vermoë doen om sy goeie rekord te handhaaf. Maklik gaan dit wees nie, want hy sal in twee kompetisie gelyktydig meeding.

Volgens die hoofafrigter, Danie de Villiers, is hulle gereed vir beide kompetisies.

Saldanhabaai het verlede seisoen vyf wedstryde verloor, maar teruggebons en die Weskus-Grootuitdaag-titel en later ook die Sanlam-Boland-Top-12-titel verower, hoewel niemand hulle ‘n kans gegun het nie.

Hul rekord van drie titels (2019, 2022 en 2025) sedert die koms van die Top-12 in 2015, is steeds die beste en ook die suksesvolste rugbyklub in Boland-rugby wanneer dit by kompetisies kom.

Saldanhabaai: Goue-Beker-wenner in 2023 en 2026; Top-12-wenner in 2019, 2022 en 2025.

Ander Top-12-wenners: Villagers Worcester: 2015, 2018; Hawston: 2016; Roses United: 2017; Safcol United: 2023; Robertson Town: 2024.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition -24 September 2026
    Weslander E-Edition -24 September 2026

Gift this article