VELDDRIF – Die organiseerders van die sokkerafdeling van die jaarlikse Visfabrieke-toernooi het voorverlede Donderdag (10 September) ‘n borgskap van R80 000 by Nampak Metals ontvang.
Regan Adams, die organiseerder van die sokkertoernooi, het sy waardering aan Nampak Metals se volgehoue ondersteuning van die toernooi uitgespreek.
Die borgskap sal bydra tot die aanbieding van vanjaar se sokkerafdeling, wat deel is van die jaarlikse Visfabrieke-toernooi.
Die toernooi vind van Vrydag 30 tot Saterdag 31 Oktober by die Smit-sportterrein in Velddrif plaas.
Die Visfabrieke-toernooi bring jaarliks spanne en gemeenskapslede bymekaar vir ‘n naweek vol sport en vermaak, met sokker as een van die belangrikste afdelings.
• Meer besonderhede oor die wedstryde en deelnemende spanne sal nader aan die toernooi bekendgemaak word.



