Leandre Milford van die Salkoriane-atletiekklub het onlangs aan die Wêreldmeester-atletiekkampioenskap in Suid-Korea deelgeneem, waar sy Suid-Afrika se vlag met trots verteenwoordig het.
Milford het aan die 5 000-m-baanwedloop deelgeneem en ‘n uitstekende agtste plek uit altesaam 16 atlete behaal. Sy het die wedloop in 38:48.69 voltooi.
Milford is met haar deelname en prestasie gelukgewens.
Sakkie Mentoor van die Salkoriane het haar ook gelukgewens en ‘n veilige terugkeer huis toe toegewens.
Dit was Milford se eerste deelname aan die wêreldmeesterskap, en sy het volgens die klub waardevolle ervaring opgedoen.
Die Salkoriane-atletiekklub spreek ook sy groot dank en waardering uit teenoor al haar finansiële ondersteuners en borge, wat dit vir Milford moontlik gemaak het om aan dié besondere byeenkoms deel te neem.



