Atlete het met groot opgewondenheid vanjaar se Mykonos Half Marathon by Club Mykonos in Langebaan bygewoon.
Die groot sport geleentheid het op Saterdag 25 Julie plaasgevind.
Die dag het byna 2 000 atlete het van regoor die provinsie gelok wat aan die 21,1 km-, 10 km- en 5 km-pretdraf deelgeneem. Volgens Bossie Boshoff, organiseerder van die marathon het al drie afstande uitstekende deelname gelok.
Benewens pryse vir die wenners in elke ouderdomskategorie, was daar ook verskeie gelukkige trekkingpryse op die spel. Die hoofprys was ‘n naweekwegbreek vir vier persone by Club Mykonos Resort.
Club Mykonos Multisport het sy dank uitgespreek teenoor Club Mykonos Resort, Darling Brewery, Peninsula Beverages, Laguna Mall, Laguna Sands Estates, Long Acres Estate, die Saldanhabaai-munisipaliteit, West Coast Medical Response, die provinsiale en munisipale verkeersdepartemente, polisie asook almal wat gehelp het om die geleentheid moontlik te maak.
Die organiseerders het ook al die atlete bedank wat aan die wedloop deelgeneem het en sien reeds uit daarna om deelnemers volgende jaar weer te verwelkom.
Die wenners was:
21,1 km
Mans: William Kaptein (Go Tyme Athletics Club) – 1:07:07
Vroue: Nicole Schoonbee (Nedbank Athletics Club) – 1:21:41
10 km
Mans: Alfonzo Jordaan (Langebaan Strandlopers) – 32:24
Vroue: Kate Taljaard (Geen klub) – 44:12
5 km
Mans: Xavier Swarts (Langebaan Athletics Club) – 17:27
Vroue: Ciske du Plessis (Club Mykonos Multisport) – 21:59









You must be logged in to post a comment.