Waterverslag dui op hoë vlakke van bakterie in Bokrivier by Saldanha

Die Bokrivier naby sy monding by Blue Bay Lodge in Saldanha, waar die rivier uiteindelik in Saldanha- baai uitloop.

Waterverslag dui op hoë vlakke van bakterie in Bokrivier by Saldanha

Die Bokrivier naby sy monding by Blue Bay Lodge in Saldanha, waar die rivier uiteindelik in Saldanha- baai uitloop.

SALDANHA – Watergehaltetoetse, wat verlede week by 23 plekke in Saldanha­baai en Langebaan uitgevoer is, toon skokkend hoë bakterievlakke by die Bokrivier naby Blouwaterbaai, meer as ses keer hoër as by enige ander meetpunt.

Die toetse, wat op Woensdag 23 September namens die Saldanhabaai-watergehalteforumtrust (SBWQFT) uitgevoer is, het by die Bokrivier ‘n E. coli-­­­telling van 310 cfu/100 ml en ‘n Enterococci-telling van 240 cfu/100 ml getoon. Dit is verreweg die hoogste telling van al 23 meetpunte. Die naaste was voor die doodloop van Breëstraat in Langebaan, met ‘n E. coli-telling van 66, en by die Hoedjiesbaai-hotel met 59.

Volgens die SBWQFT se verslag kan hoë bakterievlakke op rioolbesoedeling dui en ‘n gesondheidsrisiko vir swemmers en watersportentoesiaste inhou.

Verskeie ander gewilde strande en ontspanningspunte het ook verhoogde bakterievlakke getoon:

Die monster wat by Pepperbaai langs ‘n riooluitlaat geneem is, het 29 E. coli en 33 Enterococci getoon.

Skoner waters

Die skoonste water is in die Postberg-­gebied by Oudepost, Kraalbaai en die Preekstoel aangetref. Ander gebiede met lae tellings sluit in Club Mykonos en Paradys Beach.

Die toetse is deur die Water Analytical Laboratory in Stellenbosch – ‘n Sanads- geakkrediteerde laboratorium – gedoen. Die monsters is op 23 September geneem en ontleed, en die uitslae is op 25 September beskikbaar gestel.

LEES OOK: INDIEPTE-ONDERSOEK | Weskus-dorp se stormwatersloot eintlik ‘n rivier

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 1 October 2026
    Weslander E-Edition – 1 October 2026

Gift this article