Buurtwagte en skole kry fietse met regering se fietstoer deur Saldanhabaai-gebied

Die politici op fietse het verskeie paaie ontwrig, maar vir 'n goeie doel. Foto: Danie Hefers
Die politici op fietse het verskeie paaie ontwrig, maar vir ‘n goeie doel. Foto: Danie Hefers

Buurtwagte en skole kry fietse met regering se fietstoer deur Saldanhabaai-gebied

Die politici op fietse het verskeie paaie ontwrig, maar vir 'n goeie doel. Foto: Danie Hefers
Die politici op fietse het verskeie paaie ontwrig, maar vir ‘n goeie doel. Foto: Danie Hefers

‘n Fietsrykonvooi het die verkeer op Maandag 5 September in verskeie dorpe in die Saldanhabaai- munisipale gebied (SBM) plek-plek tydelik tot stilstand gebring.

Die ontwrigting was egter vir ‘n goeie doel en deel van die Wes-Kaapse regering se jaarlikse toer deur die provinsie.

Alan Winde, die provinsie se premier, en verskeie provinsiale ministers, senior regeringspersoneel, fietsryers, fietsondernemings en fietsryorganisasies soos die Pedal Power Association, het werksklere vir fietsdrag verruil om die langpad aan te durf.

Die groepe regeringsamptename neem 'n blaaskans.
Die groepe regeringsamptename neem ‘n blaaskans langs die Paternoster-Vredenburgpad. Foto: Danie Hefers

Wes-Kaapse kabinetslede Tertuis Simmers (Infrastruktuur), Anton Bredell (Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning), Jaco Londt (Opvoeding), Anroux Marais (polisie-toesig en gemeenskapsveiligheid), Wendy Kaizer-Philander (maatskaplike ontwikkeling) en Isaac Sileku (mobiliteit) is saam met die premier deel van die fietstoer wat later dié week in Kaapstad eindig. Vandag is Langebaan, Paternoster, Vredenburg en Saldanha in die SBM-gebied besoek.

Die toer is deel van die provinsiale regering se voortgesette fiets-oorhandigingsprogram.

Verkeerspersoneel het die groep fietsryers vergesel. Foto: Danie Hefers
Verkeerspersoneel het die groep fietsryers vergesel. Foto: Danie Hefers

Volgens Premier Winde gaan die fietstoer oor mobiliteit. “Ons gee fietse vir skole en buurtwagte om fietsry te bevorder. Ons moet meer mense in Kaapstad en in ons plattelandse dorpe kry om fiets te ry. Maar ons bevorder ook padveiligheid.”

Verskeie skole en buurtwagte van Langebaan, Paternoster, Vredenburg en Saldanha het fietse en fietsrytoerusting gekry. Vredenburg s’n is oorhandig tydens ‘n seremonie by Hoërskool Weston. Die skool self, Panorama Primêr, Masiphatisane Primêr en Hoërskool Louwville het fietse en fietsrytoerusting gekry. Van die buurtwagte wat nou verbeterde patrollies kan hou is Esperia, Vredenburg, Louwville en Paternoster.

Blaai gerus deur die foto-album MET Foto’s GENEEM DEUR Alida Buckle En danie hefers:

LEES OOK: Kom neem deel aan forum oor misdaad in Vredenburg – Donderdagaand 8 September om 18:00

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 1 October 2026
    Weslander E-Edition – 1 October 2026

Gift this article